Waar PRET en die PLAAS bymekaar kom

Selfsorg akkomodasie en kampering op die oewer van die Mogol rivier

Visvang| Akkomodasie| Kampering| Voelkyk| Staproete| Fietsry| Funksies | Troues | Piekniek| Swembaddens

SELFSORG KAMERS

Skoon, wit, versorgde geriewe.

Leer Meer

KAMPERING

Kampering op groen grasperke en 'n asemrowende uitsig oor die Mogol rivier

Leer Meer

Plaasvars WINKEL

Ons almal vergeet so nou en dan 'n item by die huis. Ons glo ons sal kan uithelp

Leer Meer

WHATS APP asb u versoek. GEEN besprekings via Facebook of Messanger!!

  • Waterberg Farmstay, R517, South Africa
  • Drive PAST Spar in Vaalwater (DO NOT TURN RIGHT), 25km from the Spar on the R517 you will find Waterberg Farmstay on the right hand side.
*
*
PENSIONARIS KAMPERING PROMOSIE

R650 MID-WEEK PROMOSIE
Geldig Ma 09h00 - Vr 10h00
Indien u reeds Sondag wil arriveer sal dit 'n ekstra R150 wees
Slegs geldig vir 2 pensionarisse per stand

R1000 VOLWEEK PROMOSIE
Geldig enige 6 opeenvolgende nagte
Slegs 2 pensionarisse per stand

PENSIONARIS EN-SUITE KAMER PROMOSIE
R1300 Mid-week Maandag tot Vrydag
R350 per nag ekstra.
Slegs 2 pensionarisse per kamer

Terme en Voorwaardes geld
Promosie slegs vir lae- en midseisoen datums geldig
Die promosie kan gekanseleer word sonder enige verdere kennisgewing



SPANBOU  -  TROUES  -  GROEPSKAMPE  -  OEFENKAMPE  -  KLUBSAMETREK  -  FAMILIE BYEENKOMSTE - KERKKAMPE

Ons eindelose groot grasperke laat soveel potensiaal toe vir kampe. Die staproetes is pragtig en met die diverse afstande is dit gunstig vir oud en jonk.

Kleinsaal
Hierdie saal kan tot 80 persone dra. Dis die ideale plek vir troues, jaareindfunksies, spanbou funksies, vergaderings, kerkkampe, ens. Catering en decor vir troues moet self voorsien word. Drapering en Fairy lights ingesluit by venue. Stoele, Tafels, eetgerei en kombuisgeriewe ingesluit.

Grootsaal ook beskikbaar vir groepe tot en met 130 gaste. Asb kontak bestuur.

Kombuis
Die kombuis is volledig uitgerus met kombuis- en breekware om vir funksies te voorsien.
Geen spyseniering word deur Waterberg Farmstay aangebied nie. Daar is wel kontakpersone wat ons vanuit Vaalwater kan verwys vir CATERING, PLATEJOGGIES ens.
Selfsorg kan hier ook toegepas word.




Akkommodasie
Skoon geriewe. 
Linne, eetgerei, handoeke en kombuis geriewe word voorsien.

En-suite kamers beskik oor eie badkamer en kombuis asook privaat stoep. 
Kampkamers beskik oor stoepkombuis en gebruik van ablusie badkamer langs kamers gelee. 
Gastehuis: 
Slaap 12 persone (6 kamers slaap elk 2 persone)
3 kamer bevat 2 enkelbeddens en 3 kamers bevat elk 1 dubbelbed
KAMPEERTERREIN
Daar is 40 staanplekke beskikbaar op pragtige grasperke en meestal voldoende koelte
  • Kampering: Prys / nag vir 4 persone. 
  • Ekstra persoon/nag betaalbaar tot 'n maksimum van 6 persone/kampplek
  • Elke kampplek is toegerus met ‘n kragpunt (Bring 20m kragkabel)
  • Soliede grondseile word nie op gras toegelaat nie.
  • Dome tente met ‘n vaste vloer moet asseblief elke derde dag geskuif word.
  • Elke staanplek is voorsien met 'n braai, asblik en 'n nabye waterpunt.
  • 4 volledige SKOON ablusie geriewe met opwas area vir skottelgoed.